#Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke het bevestig die brand bo Boyes Rylaan en Peck’s Vallei in die Tafelberg Nasionale Park is onder beheer en opruiming het begin. SANParke sê Boyes Rylaan is nou oop en geen skade aan eiendom is aangemeld nie. Die publiek word aangeraai om staproetes op die berg te vermy. In ‘n verklaring sê SANParke volgens ‘n vroeë ondersoek lyk dit asof ‘n godsdienstige groep die brand gestig het. Een brandweerman is vir rook inaseming behandel.
Tafelberg-brand onder beheer, publiek versoek om staproetes te vermy