Skip to content

Bejaarde egpaar doodgeskiet in parkeerterrein van winkelsentrum in Rustenburg

#Die polisie in Rustenburg, Noordwes, soek na gewapende verdagtes wat oor die naweek ‘n bejaarde egpaar, George en Wilma Koster, in die parkeerterrein van ‘n winkelsentrum doodgeskiet het. Die polisie doen ‘n beroep op enige ooggetuies om inligting te verskaf. Hulle waarsku dat die verdagtes gewapen en gevaarlik is. Enige iemand met inligting oor die voorval word versoek om Crime Stop dadelik te bel.