Skip to content

Gewigoptel: Suid-Afrika se Rayno Nel wen Sterkman in Holland

#Gewigoptel: Die Suid-Afrikaanse gewigopteller Rayno Nel is die wenner van die Sterkman Kampioenskap Wêreldtoer in Nederland waar hy 14 kragmanne van oor die wêreld uitgestof het. Dis sy derde agtereenvolgende titel. Die Hollander Kevin Hazeleger was tweede, met Adam Roszkowski van Pole in die derde plek. Nel het in Mei geskiedenis gemaak toe hy die eerste persoon uit Afrika geword het om die titel as die Wêreld se Sterkste Man in Amerika te wen. Hy is ook in 2024 in Turkye in die eindronde van die Sterkman Kampioenskap as die wenner aangewys. Die volgende byeenkoms van die kampioenskap is op 6 Julie in Kasakstan.