Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het 19 Junie as ‘n provinsiale roudag verklaar ter herinnering aan diegene wat in die week se verwoestende oorstromings omgekom het. Tot dusver is 79 sterftes in die provinsie aangemeld. Die premier het aan die media gesê die regering en begrafnisondernemers werk saam om families te ondersteun. Nadoodse ondersoeke is steeds aan die gang maar talle liggame is reeds opgeëis vir begrafnisse.
Donderdag aangekondig as provinsiale dag van rou in Oos-Kaap [KLANK]
ENG-MabuyaneOnMourning