# Sokker: Die ster-doelskieter Robert Lewandowski oorweeg dit blykbaar om weer vir sy land, Pole, te speel na die bedanking van hoof-afrigter Michael Probierz. Hy het vroeër gesê hy is nie vir sy land beskikbaar solank Probierz in beheer is nie, omdat hy ongelukkig was met die manier waarop hy die kapteinskap ontneem is. Die 38-jarige Lewandowski, wat vir die Spaanse reus Barcelona speel, het die onlangse Wêreldbeker-kwalifiseerders misgeloop en gesê hy is geestelik en fisiek moeg na ‘n lang seisoen.
Sokker: Lewandowski oorweeg om weer vir Pole te speel na afrigter se vertrek