# Rugby: Min mense dink die Bulle gaan vandag in Dublin hond haaraf maak in die Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd teen Leinster, onder leiding van die voormalige Springbok-afrigter Jacques Nienaber. Die Bulle se afrigter, Jake White, het vroeër gesê die gasheerspan bestaan uit Ierse toetsspelers, die All Black Jordie Barrett op senter, met die dubbele Wêreldbekerwenner RG Snyman en die Franse toetsspeler Rabah Slimani op die bank. Die huidige Bok-afrigter, Rassie Erasmus, sê spelers moet onthou hulle kan Bok-erkenning kry as hulle vandag goed speel. Afskop is vanaand om ses-uur.
Rugby: Bulle pak Leinster-span vol toetsspelers