Skip to content

Trump sê Iran moet ‘n ooreenkoms bereik voor dit te laat is

# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Iran aangemoedig om ‘n ooreenkoms te bereik en waarsku daar sal meer lewensverlies en verwoesting wees ná Israel se dodelike aanvalle op sy kerngeriewe. Hy het op sy Truth Social-platform geskryf daar is nog tyd om die slagting te beëindig, maar waarsku die volgende aanvalle, wat reeds beplan is, sal veel erger wees. Trump sê Iran moet ‘n ooreenkoms sluit voordat daar niks oor is nie en voor dit te laat is.