Skip to content

Regering pak die handelswanbalans in die klerasie- en tekstielsektor

# Die Adjunk-minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Andrew Whitfield, sê die klerasie- en tekstielsektor speel ‘n kritieke rol in Suid-Afrika se ekonomiese herstel en herindustrialisasie. Die regering beoog om 100-duisend nuwe werksgeleenthede in vervaardiging te skep en wil uitvoere in die vervaardigingsektor met 4,1-persent opstoot. Whitfield sê die departement doen alles wat nodig is om die handelswanbalans reg te stel wat die enorme styging van 223 persent in invoere in die sektor tot gevolg gehad het.