# Swede se Olimpiese kampioen Armand Duplantis het die paalspringtitel op die Diamantliga-byeenkoms in Oslo, Noorweë, verower. Hy het ook ‘n nuwe byeenkomsrekord van 6,15 meter opgestel, met Emmanouil Karalis van Griekeland tweede en Australië se Kurtis Marschall derde. Jo-Ané du Plessis van Suid-Afrika was derde in die vroue-spiesgooi, met Haruka Kitaguchi van Japan as wenner. In die 100-meter vir vroue was die Olimpiese kampioen, Julien Alfred eerste, gevolg deur Marie-Josée Ta Lou-Smith van die Ivoorkus.
Atletiek: Armand Duplantis lewer nog ‘n skittervertoning in Oslo