# Krieket: Suid-Afrika is vir net 138 uitgeboul ondanks ‘n terugvegpoging deur kaptein Temba Bavuma en David Bedingham op die tweede dag van die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap teen Australië op Lord’s in Londen. Die Proteas boul weer, met Australië wat ‘n eerstebeurt-voorsprong van 74 lopies het. Bedingham het 45 aangeteken voor hy een van Pat Cummins se ses slagoffers geword het en Bavuma het 36 bygedra voor die Australiese kaptein hom ook uitgehaal het. Cummins het net 28 lopies afgestaan in sy 18 boulbeurte en sy 300ste paaltjie ingeoes.
Krieket: Australië het ‘n voorsprong van 74 lopies na hulle Proteas uitboender vir 138