# ‘n Air India Boeing 787-8 Dreamliner het neergestort minute nadat dit van Ahmedabad in die weste van Indië opgestyg het onderweg na die Gatwick-lughawe in Londen. Daar was 242 mense aan boord, insluitend 11 kinders. Die passasiers sluit 169 Indiese burgers, 53 Britte, sewe Portugese en ‘n Kanadees in. Dit het teen ‘n hostel vir dokters naby die lughawe neergestort en talle mense is dood. Die vlieëniers het ’n noodsein uitgesaai maar kontak is kort daarna verbreek. Die Britse eerste minister, Keir Starmer, het die tonele as verwoestend beskryf.
Talle sterftes aangemeld na Air India-vliegtuig onderweg na Londen neerstort kort na opstyging