# Sokker: Pole se hoofafrigter het bedank nadat die ster-doelskieter, Robert Lewandowski aangekondig het hy sal nie weer vir sy land speel terwyl Michal Probierz in beheer is nie. Die 36-jarige Lewandowski, wat vir Barcelona speel, het Maandag gesê sy vertroue is verloën en hy is gekrenk oor die manier waarop Probierz die kapteinskap van hom weggeneem het. Hy is die land se voorste doelskieter met 158 doele in 85 wedstryde. Probierz sê hy besef dis in Pole se beste belang dat hy die nasionale opset verlaat.
Sokker: Pole se bestuurder bedank na onderonsie met ster-doelskieter