# Die DA in Gauteng veroordeel die gebrek aan warm water by nege hospitale te midde van winterweersomstandighede. Die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het bevestig daar is sedert Mei voortdurende probleme weens lekkende pype en stukkende ketels. Volgens die DA se woordvoerder vir Gesondheid in Gauteng, Jack Bloom, is dit onvergeeflik. Hy sê daar is ook klagtes van pasiënte in ander hospitale. Hy sê ten spyte van die departement se 100-miljoen-rand-toekenning vir die verbetering van toerusting, is behoorlike besteding en instandhouding dringend noodsaaklik:
DA kritiseer warmwaterkrisis in Gautengse hospitale te midde van koue weer [KLANK]
ENG-BloomOnHotWater