# Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê vanjaar se griepseisoen het vroeër as gewoonlik begin, met baie hospiaal-opnames weens longontsteking. Gesondheidsamptenare sê die meeste gevalle word veroorsaak deur die H3N2-griep-A stam, maar gevalle van H1N1 en Influenza B is ook aangemeld. Die publiek word versoek om hande te was, nie openlik te hoes nie en ingeënt te word omdat griepstamme jaarliks verander. Griep-oordrag is tans nie te hoog nie, maar vroeë monitering word aanbeveel om ernstige siektes te voorkom en diegene in die grootste gevaar, te beskerm.
Instituut sê griepseisoen het vanjaar vroeër begin