# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste het kommer uitgespreek oor dié departement se oorbesteding wat waarskynlik 1,4-miljard-rand gaan beloop. Die departement se jaar-tot-datum uitgawes vir die tydperk wat op 31 Desember 2024 geëindig het, is 21,6-miljard-rand, terwyl die verwagte jaarlikse besteding 29,2-miljard-rand is. Die gewysigde begroting is 27,8-miljard-rand. Die komitee se voorsitter, Kgomotso Anthea Ramolobeng, sê die departement moet meer doeltreffende maniere vind om koste te hanteer wat die toenemende tronkbevolking, infrastruktuur-opknapping en onderhoud betref.
Parlement bekommerd oor Korrektiewe Dienste se geprojekteerde oorbesteding van R1,4-miljard