# Rugby: Die veelsydige Wallaby-agterspeler, Joseph Suaalii, glo hy sal fiks wees om in die toetsreeks van drie wedstryde teen die Britse en Ierse Leeus te speel. Die eerste toets vind op 19 Julie plaas. Die 21-jarige het sy kakebeen ‘n maand gelede gebreek met harsingskudding en ‘n toonbesering wat hsy tyd vir die Waratahs in die Super Rugby Pacific-seisoen nog verder beperk het. Hy het verlede jaar vier toetse vir Australië gespeel. Die Leeus gaan van 28 Junie af altesaam nege wedstryde teen Australië speel.
Rugby: Suaalii glo hy sal reg wees om volgende maand teen Leeus te speel