# Krieket: Australië kolf eerste nadat die Proteas se kaptein, Temba Bavuma, die loot gewen het in die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap wat op Lord’s in Londen gespeel word. Bavuma sê die kolfoppervlak lyk goed, maar weerstoestande bepaal dat hulle eerste boul in die ontmoeting wat hy verwag ‘n skouspel sal wees. Australië, met ‘n nuwe toporde bestaande uit Usman Khawaja, Marnus Labuschagne en Cameron Green, het nie minder nie as agt boulers in die span nie en kan ook vir Steve Smith inspan as aflos-bouler indien nodig.
Krieket: Proteas wen die loot, stuur Australië in om te kolf op Lord’s