Skip to content

Stappe word gedoen teen aanklaers wat staat se sake ondermyn

# Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, sê stappe word gedoen teen aanklaers wat die staat se sake ondermyn. Dit volg nadat die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, haar opmerking dat die Nasionale Vervolgingsgesag deur korrupte amptenare binnegedring is, teruggetrek het. ActionSA vra dat Batohi uit die kussings gelig word oor staatskaping-mislukkings, insluitend die Gupta-uitlewering wat steeds onopgelos is. Kubayi het die NVG verdedig en gesê nie alle sake weerspieël institusionele mislukkings nie. Ondersoek word ingestel na sekere individue en dissiplinêre stappe word gedoen teen wangedrag.