Skip to content

Minister van Gesondheid stel Suid-Afrikaners gerus oor nuwe Covid-19 variant

# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi het Suid-Afrikaners verseker die huidige Covid-19 variant wat in verskeie lande voorkom, bied nie rede tot kommer nie. Die Nasionale Instituut van Oordraagbare Siektes monitor die Nimbus of NB.1.8.1 Covid-19 variant. Oosterse lande waar gevalle bevestig is, sluit in Thailand, Indonesië en China. Daarbenewens het Brittanje ook 13 gevalle aangeteken. Motsoaledi het burgers aangemoedig om voorsorgmaatreëls te tref, soos om gereeld hande te was, te bedek wanneer hulle hoes en tuis te bly as hulle olik voel.