Skip to content

Trump sê Nasionale Wag sal in Los Angeles bly tot gevaar verby is [KLANK]

# President Donald Trump het nie ʼn sperdatum gestel vir die onttrekking van die Nasionale Wag en seesoldate in Los Angeles nie. Dit volg terwyl betogings oor sy administrasie se optrede teen immigrasie voortgaan. Trump het Saterdagaand tydens toenemende betogings opdrag gegee dat twee-duisend lede van die Nasionale Wag ontplooi word. Hy het die getal Maandag tot vier-duisend verdubbel en 700 seesoldate is ook ontplooi. Trump sê die Nasionale Wag en die seesoldate sal daar bly tot daar geen gevaar is nie:

ENG TrumpOnNationalGuardDeployment