Skip to content

Verenigde Koninkryk stel sankies in teen ver-regse Israeliese ministers oor Gaza

# # Die Verenigde Koninkryk het sanksies teen twee Israeliese ministers ingestel as gevolg van hul uitsprake oor Gaza. Itamar Ben-Gvir en Bezalel Smotrich word verbied om Brittanje te besoek en hul bates in die land word gevries as deel van die maatreëls deur die minister van Buitelandse Sake, David Lammy. Smotrich het ‘n veldtog gevoer teen hulp aan Gaza, terwyl Ben-Gvir gevra het die inwoners van Gaza moet buite die gebied hervestig word. Albei ministers behoort aan regsgesinde partye wat eerste minister Benjamin Netanyahu se koalisieregering ondersteun.