# Sokker: Amptenare van Amerikaanse gasheerstede vir volgende jaar se Wêreldbeker het die versekering gegee dat oorsese toeskouers nie bekommer hoef te wees oor visums, grensbeheer of openbare geweld nie. Die toernooi, wat deur die VSA, Kanada en Mexiko aangebied word, begin oor ‘n jaar. Die Amerikaanse organiseerders sê president Donald Trump se administrasie bly verbind tot die toernooi, ondanks sy grensbeleid sedert sy terugkeer na die Withuis, wat tot oproerigheid in Kalifornië gelei het. Wêreldbekerwedstryde sal in 11 Amerikaanse stede aangebied word.
Sokker: VSA amptenare stel Wêreldbekerbesoekers gerus oor visums