# Krieket: Die veelsydige Wiaan Mulder is ingesluit in die Proteas se span vir die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap teen Australië wat môre op Lord’s in Londen begin. Dit beteken die kolwer Tony de Zorzi word uitgelaat, terwyl die snelbouler Lungi Ngidi bo Dane Paterson gekies is. Die res van die span is kaptein Temba Bavuma, Ryan Rickelton, Aiden Markram, Tristan Stubbs, David Bedingham, Kyle Verreynne, Marco Jansen, Keshav Maharaj en Kagiso Rabada. Spel begin môreoggend half-12, Suid-Afrikaanse tyd.
Krieket: Veelsydige Mulder ingesluit in Proteas se span vir toets-eindstryd teen Australië