Skip to content

Speaker van Tshwane ontken opposisie word stilgemaak en verwerp DA-bewerings [KLANK]

# Die Speaker van Tshwane, Mncedi Ndzwanana, verwerp die DA se beskuldigings en noem dit ongegrond en misleidend. Dit volg na aanleiding van die party se beplande mosie van wantroue. Die DA beskuldig Ndzwanana van tirannie en dat hy die raad soos ‘n diktatorskap bestuur. Die woordvoerder, Sthembiso Sithole, sê vergaderings word billik en in ooreenstemming met die Verordening op Reëls en Ordes bestuur. Sithole hou vol geen raadslede word stilgemaak nie en ontken bewerings oor die ontwyking van aanspreeklikheid:

ENG-SitholeOnSpeaker