Skip to content

Stad Johannesburg belowe steun ná wyksraadslid in Soweto geskiet is

# Die speaker van die Stad Johannesburg se raad, Nobuhle Mthembu, sê sy sal wetstoepassing betrek by raadslede se veiligheid nadat die raadslid vir wyk 130, Thulani Buthelezi, onlangs in Soweto geskiet is. Mthembu veroordeel die aanval en versoek raadslede wat gedreig of geïntimideer is, om dit onmiddellik aan te meld. Sy het politieke partye versoek om hul lede te beskerm en te ondersteun tydens hierdie gespanne tydperk, met die naderende plaaslike regeringsverkiesings. Mthembu het Buthelezi ‘n spoedige herstel toegewens en gesê geen openbare verteenwoordiger behoort in vrees te leef nie.