Skip to content

Agt mense dood in skietvoorval by skool in Oostenryk

# Die Oostenrykse polisie sê minstens agt mense is dood nadat ‘n gewapende man op ‘n skool in Graz in die suidooste losgebrand het. Die vermeende aanvaller is ook dood. Die openbare uitsaaier ORF berig die skool is daarna ontruim. Verskeie mense, insluitend leerders en onderwysers, is ernstig beseer. ‘n Tiener is in Februarie dood en vyf beseer in ‘n mesaanval in die suide van die land, met ‘n 23-jarige Siriese asielsoeker wat aangehou word.