Skip to content

Swem: Kanadese Olimpiese kampioen stel nuwe wêreldrekord op in 200m individuele wisselslag

# Swem: Die jong Kanadese Olimpiese kampioen Summer McIntosh het haar oorheersing in die swembad voortgesit toe sy die 10-jaar-oue wêreldrekord in die 200-meter individuele wisselslag verbeter het tydens die nasionale proewe. Die 18-jarige het ‘n tyd van twee-minute-5,7-sekondes aangeteken om die vorige rekord te verbeter wat Katinka Hosszu van Hongarye tydens 2015 se Wêreldkampioenskap opgestel het. McIntosh, wat verlede jaar drie goue medaljes verower het op die Spele in Parys, het Saterdag ook ‘n wêreldrekord opgestel in die 400 meter-vryslag.