# Die Stad Kaapstad het binne tien maande byna vyf-duisend voedselmonsters getoets na ‘n toename in voedsel-oordraagbare siektes. Die stad se mikrobiologie-laboratorium het eetgereed- en suiwelprodukte ontleed, met ‘n algehele nakomingskoers van 84,55-persent. Die toetsmonsters het vervaardigers, kleinhandelaars, wegneemetes, aftree-oorde en informele handelaars ingesluit. Die metro skryf die toename in gevalle toe aan die verslapping van Covid-19-beperkings en verbeterde aanmelding. Amptenare het die belangrikheid van roetine-toetsing beklemtoon om onhigiëniese toestande op te spoor en potensiële uitbrekings te voorkom.
Kaapstad toets byna vyf-duisend voedselmonsters in 10 maande