Skip to content

Motorsport: F1 se 2026-program van 24 wedrenne bekendgemaak met Madrid as nuwe gasheer

# Motorsport: Formule Een het bevestig dat 2026 se seisoen net soos vanjaar 24 wedrenne sal hê, terwyl nuwe tegniese regulasies ingestel word. Madrid is die nuwe gasheerstad van die Spaanse Grand Prix, en vervang die Emilia Romagna Grand Prix op Imola in Italië. In nog ʼn verandering, vind die Kanadese wedren die eerste keer in Mei plaas in ʼn poging om die program meer volhoubaar te maak. Australië bied steeds die eerste wedren van die seisoen aan, en Abu Dhabi die laaste een in Desember.