# Die Madleen van die Freedom Flotilla Coalition het gisteraand in die Israelse hawestad Asdod vasgemeer nadat Israel dit onderskep het. Die boot het humanitêre hulp en menseregte-aktiviste, insluitend die klimaataktivis Greta Thunberg, aan boord. Die Israelse ministerie van Buitelandse Sake sê die passasiers is medies ondersoek en na die Ben Gurion-lughawe geneem om na hul tuislande teruggeneem te word. Hy voeg by dié wat weier om die deportasiedokumente te onderteken en Israel te verlaat, sal voor ʼn regsowerheid verskyn.
Boot op pad na Gaza met Greta Thunberg aan boord na Israelse hawestad gesleep