Skip to content

Minister Simelane vra dat Khayelitsha se brandslagoffers vinnig behuising kry

# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, vra vinnige behuisingsondersteuning vir gesinne van Khayelitsha in Kaapstad wat dakloos is nadat ʼn brand die naweek 50 strukture verwoes het. Haar woordvoerder, Tsekiso Machike, sê die gesinne mag boumateriaal ontvang ingevolge die departement se noodbehuisingprogram. Soortgelyke hulp sal na verwagting beskikbaar wees vir 57 gesinne wat geraak is deur ʼn brand in die Kennedyweg-plakkerskamp in Ethekwini, Gauteng. Minister Simelane waarsku mense om versigtig te wees met toestelle wat vir kook en verwarming gebruik word.