# Israelse soldate het aan boord van die jag, Madleen, van die Freedom Flotilla Coalition gegaan wat humanitêre hulp en menseregte-aktiviste soos die klimaat-aktivis, Greta Thunberg, aan boord het. Die vaartuig het Vrydag uit Sisilië vertrek op pad na Gaza. Israel se ministerie van buitelandse sake sê die jag is beveel om koers te verander omdat dit ʼn beperkte gebied genader het. Hy sê ʼn blokkade is nodig om te keer dat wapens by Hamas-vegters in Gaza uitkom. Die Freedom Flotilla Coalition beskuldig Israel dat hy die Madleen met geweld onderskep het en straffeloos optree.
Israelse soldate gaan aan boord van skip waarop Greta Thunberg is