# Die voorsitter van die DA se Federale Raad, Helen Zille, sê sy oorweeg dit om te staan as burgemeester van Johannesburg in volgende jaar se plaaslikeregeringsverkiesing. Volgens berigte die naweek is sy in gesprek met haar familie oor die aanvaarding van die benoeming. Zille was van 2007 tot 2015 DA-leier en het vir twee vyfjaartermyne as premier van die Wes-Kaap gedien. Sy was ook van 2006 tot 2009 die burgemeester van Kaapstad. Die ANC-streeksekretaris, Sasa Manganye sê die DA het ‘n geleentheid gehad om Johannesburg te regeer, maar hulle het misluk.
Helen Zille oorweeg dit om te staan as DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg.