Skip to content

Padwedlope: Dijana en Steyn wen 89ste Comrades van Pietermaritzburg na Durban

# Padwedlope: Die Suid-Afrikaanse ultramaratonatleet Tete Dijana het sy derde Comrades-marathon gewen. Dijana was eerste oor die wenstreep in die 89ste Comrades van Pietermaritzburg na Durban, met verlede jaar se wenner, die Nederlander Piet Wiersma, tweede. Die 37-jarige Dijana kom van Mahikeng in die Noordwes en het sy werk as sekuriteitswag by die Noordwes-Universiteit bedank en hardloop vir die Nedbank-marathonklub. In die vrouewedloop het die Suid-Afrikaanse sensasie Gerda Steyn haar vierde Comrades gewen. Die Russiese atleet Alexandra Morozova was tweede.