# Die EFF het die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Justisie, Xola Nqola, versoek om ‘n dringende vergadering met die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging en minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, te belê. Dit volg na kommerwekkende uitsprake deur die direkteur van Openbare Vervolging, advokaat Shamila Batohi oor die infiltrasie van die Vervolgingsgesag en individue binne en buite die NVG wat die werk van die vervolgingsgesag ondermyn. Die EFF sê die gevolge van Batohi se verklaring kan nie gering geskat word nie.
EFF versoek dringende vergadering oor die gevolge van advokaat Batohi se uitsprake