# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen ‘n kouefront met ysige toestande, reën en sneeu in dele van Suid-Afrika van môreaand tot Maandag. Die Wes-Kaap sal vandag eerste getref word, met sterk wind en verspreide buie. Sneeu word voorspel oor hoogliggende gebiede in die Wes- en Oos-Kaap, Lesotho en die Drakensberge. Die weerdiens waarsku temperature in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes sal daal. Inwoners word versoek om gereed te maak vir koue en nat toestande.
Sneeuvoorspelling vir Kaap en kouefront in verskeie provinsies