Skip to content

Vervoer-ministerie belê dringende vergadering met Padongelukkefonds na skorsing van uitvoerende hoof

# Die Ministerie van Vervoer sal Dinsdag met die raad van die Padongelukkefonds vergader. Dit volg op die voorlopige skorsing van die uitvoerende hoof Collins Letsaolo. Die Departement van Vervoer beplan ook om die Padongelukkevoordeelskema-wetsontwerp te finaliseer om dit vir slagoffers makliker te maak om voordele te eis sonder om duur regskoste aan te gaan. Die woordvoerder van die ministerie, Collen Msibi sê by die vergadering sal die raad se vermoë om bestuur te herstel en betyds vergoeding vir ongelukslagoffers te verseker, beoordeel word.