Skip to content

Tennis: Ramphadi verloor in eindstryd, Montjane vandag in twee groot wedstryde

# Tennis: Suid-Afrika se rolstoeltennisspeler wat in die kwad-afdeling meeding, Donald Ramphadi en sy dubbelsmaat Ahmet Kaplan van Turkye het die eindstryd van die Franse Ope met 6-3, 6-4 teen die nommer een-gekeurdes, Guy Sasson van Israel en Niels Vink van Nederland, verloor. Ramphadi en sy maat Andy Lapthorne het die 2023 Franse Ope-rolstoeldubbelspelkampioenskap in die kwad-afdeling gewen. Suid-Afrika se Kgothatso Montjane het ‘n besige dag wat voorlê wanneer sy in die vroue rolstoel-enkelspel-halfeindronde speel en ook in die eindstryd van die vroue rolstoeldubbelspel in aksie is.