# Die DA het die Openbare Beskermer se besluit verwelkom om ernstige beweringe van finansiële wanbestuur teen die uitvoerende hoof van die Nasionale Behuisings- en Finansieringskorporasie, Azola Meyekiso, te ondersoek. Dit volg nadat die party verlede jaar ‘n klag by die Staatsdienskommissie gelê het. Luyolo Mphithi van die DA sê as die uitvoerende hoof in sy pos is terwyl die ernstige bewerings ondersoek word, kan die integriteit van die ondersoek moontlik ondermyn word. Hy sê die Minister van Menslike Nedersettings, Thembisile Simelane, moet Meyekiso dadelik op voorsorgverlof plaas:
DA versoek Minister Simelane om uitvoerende hoof van Behuisingsfinansiering op voorsorgverlof te plaas [KLANK]
ENG LuyoloonPrecautionary