# Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het sanksies ingestel teen vier regters van die Internasionale Strafhof wat na bewering Amerika en Israel se soewereiniteit aantas. Die regters, Solomy Balungi Bossa van Uganda, Luz del Carmen Ibáñez Carranza van Peru, Reine Adelaide Sophie Alapini Gansou van Benin en Beti Hohler van of Slowenië is verbied om Amerika binne te gaan. Die sanksies is in reaksie op die Strafhof se lasbriewe vir Israelse amptenare, insluitend eerste minister Benjamin Netanyahu, en die ondersoek na beweerde Amerikaanse oorlogsmisdade in Afghanistan.
Amerikaanse minister van Buitelandse Sake stel sanksies in teen regters van Internasionale Strafhof