Skip to content

Die Trump/Musk-vriendskap is verby na openbare tweespalt op sosiale media

# Die geveg tussen miljardêr Elon Musk en president Donald Trump het toegeneem met Musk wat onder meer op X gesê het Trump moet in ʼn staat van beskuldiging geplaas word. Hy beweer Trump sou nie die verkiesing sonder hom gewen het nie. Musk sê daar is onbevestigde bewyse dat Trump in dokumente van die oorlede seksoortreder Jeffrey Epstein genoem word. Trump het op Truth Social gereageer en dreig om regeringskontrakte met Musk se maatskappye te beëindig. Tesla se aandeelprys het ná die openbare onderonsie gister met sowat 14,2-persent gedaal.