# Tennis: Die Suid-Afrikaner Kgothatso Montjane is deur na die eindronde van die Franse Ope-vroue-rolstoeldubbelspel. Die 39-jarige het saamgespan met Yui Kamiji van Japan om die nommer-een-gekeurde Manami Tanaka van Japan en die Chinees Zhenzhen Shu te verslaan. Montjane is ook deur na die enkelspel-halfeindronde na ‘n oorwinning oor die vierde-gekeurde Ziying Wang van China. Nog ‘n Suid-Afrikaner, Donald Ramphadi, en sy Turkse maat Ahmet Kaplan het die Brit Andy Lapthorne en Sam Schroder van Nederland verslaan om die eindronde van die kwadrupleeg-rolstoeldubbelspel te haal.
Tennis: Kgothatso Montjane en Donald Ramphadi van SA haal Franse Ope-eindstryde