Skip to content

Gholf: Scheffler verseker sy plek in die VSA-span vir die Ryderbeker

# Gholf: Die wêreld se nommer een, Scottie Scheffler, het sy plek in die Amerikaanse Ryderbeker-span van 2025 verseker en hy is die eerste outomatiese kwalifiseerder vir die tweejaarlikse kompetisie wat by Bethpage Black in Long Island, New York, plaasvind. Dit is die 28-jarige se derde agtereenvolgende Ryderbeker-verskyning. Vyf ander kwalifiseerders, plus ses spelers wat deur die VSA-kaptein, Keegan Bradley, gekies is, sal hulle by Scheffler aansluit. Hy sê hy sal alles in sy vermoë doen om die span te help om weer die beker van die Europese span te herower.