# Krieket: Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport sê Kagiso Rabada se skorsing van een maand vroeër vanjaar was nadat hy positief getoets het vir kokaïen. Die Protea-snelbouler het in April teruggekeer van die Indiese Premierliga by Gujarat Titans en onthul hy het nie ʼn dwelmtoets geslaag nie. Die instituut sê Rabada is in Januarie getoets en Benzoylecgonine, ʼn metaboliet van kokaïen, is opgespoor. Die 30-jarige speler sal volgende week die Proteas se boulaanval lei in die Wêreld-toetskampioenskap se eindstryd teen Australië op Lord’s.
Krieket: Instituut vir Dwelmvrye Sport sê Kagiso Rabada is geskors nadat hy positief toets vir kokaïen