# Tennis: Die Franse sprokiesverhaal vir die 22-jarige wêreldnommer 361 Lois Boisson duur voort nadat sy gister die sesde-gekeurde Mirra Andreeva met 7-6, 6-3 geklop het om die halfeindronde van die Franse Ope te haal. Sy speel vandag teen die tweede-gekeurde Coco Gauff. In die ander halfeindronde kom die topgekeurde Aryna Sabalenka teen die vyfde-gekeurde Iga Swiatek van Pole te staan. Swiatek loop 8-4 voor in wedstryde teen Sabalenka en 5-1 op klei. Dit sal hul eerste kragmeting op Roland Garros wees. Swiatek is nou onoorwonne in 26 agtereenvolgende wedstryde by die Franse Ope.
Tennis: Die sprokiesverhaal duur voort met Boisson teen Gauff in halfeindronde