Skip to content

Keulen-middestad ontruim na ontdekking van drie Tweede Wêreldoorlog-bomme

# Ongeveer 20-duisend mense in die middelstad van Keulen is ontruim nadat drie lewendige bomme uit die Tweede Wêreldoorlog gevind is. Dit is die grootste vonds van die aard in die Duitse stad sedert die einde van die oorlog. Die drie Amerikaanse bomme is tydens bouwerk ontdek en sal nou deur bomdeskundiges ontlont word. Twee van die bomme weeg ‘n duisend kilogram elk en die ander een 500 kilogram. Strate en treinspore is gesluit en stadspersoneel het van deur tot deur gegaan vir die ontruiming van die gebied, wat drie brûe oor die Ryn insluit.