# Brittanje het aangekondig dat hy 12 nuwe aanvalsduikbote gaan bou. Die land het ‘n groot verdedigingshersiening van stapel gestuur wat die land meer oorlogsgereed sal maak. Die eerste minister, Keir Starmer, waarsku dat die bedreigings wat die land nou in die gesig staar, ernstiger, meer onmiddellik en meer onvoorspelbaar is as sedert die Koue Oorlog. Hy het oorlog in Europa, nuwe kernkragrisiko’s, daaglikse kuberaanvalle en toenemende Russiese aggressie gelys as bedreigings.
Brittanje hersien verdediging om oorlogsgereedheid op te skerp