# President Cyril Ramaphosa sê die Basiese Onderwys-indiensnemingsprojek bring hoop en inkomste na plekke waar geleenthede gewoonlik min is. Sowat 200-duisend jong mense wat deel is van die vyfde fase, begin vandag in skole werk. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief hulle werk in die klaskamer laat onderwysers met meer tyd vir lesvoorbereiding en onderrig. Hy sê hierdie jong mense sal die skoolomgewing verlaat nadat hulle ʼn bydrae gelewer en ʼn verskil gemaak het.
Ramaphosa sê 200 000 deelnemers aan Basiese Onderwys se indiensnemingprojek het by skole begin werk