# Volgens berigte is minstens 31 mense dood en meer as 100 beseer nadat Israelse magte gister die gebied naby die Gaza Humanitêre Stigting se sentrum aangeval het. Volgens die Palestynse Rooi Halfmaan-vereniging het skares mense by die perseel in Rafah saamgedrom om hulp te kry toe Israelse magte losgebrand het. Die Gaza-stigting wat deur Amerika en Israel ondersteun word, sê egter die bewerings is vals en hulp is sonder voorval versprei. Die Israelse weermag sê ʼn ondersoek toon sy magte het nie op Gaza-inwoners geskiet nie.
31 mense sterf volgens berigte naby hulpverspreidingsentrum in Gaza