Skip to content

Kaapstad-burgemeester verwelkom heropening van sentrale spoorlyn [KLANK]

# Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die herstel van die sentrale spoorlyn is ‘n belangrike mylpaal in die toekoms van die afwenteling van passasierspoorwegdienste na die metro. Die sentrale lyn is reeds vier jaar gesluit weens kabeldiefstal en vandalisme. Die heropening daarvan kom na uitgebreide herstelwerk aan stasies, substasies en oorhoofse trekkrag-elektrifiseringstelsels. Die proses om die sentrale lynkorridor te herstel, het tot dusver 1,3-miljard-rand gekos. Hill-Lewis sê goeie openbare vervoer is noodsaaklik:

AFR GeordinonCentralLine